Moord op toeris in SA: Polisie ontken arrestasie is gemaak

Die polisie in Mpumalanga sê niemand is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n Duitse toeris naby die Krugerwildtuin nie. Dit ten spyte daarvan dat die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, gisteraand tydens ‘n nuuskonferensie bevestig het drie verdagtes is in verband met die misdaad in hegtenis geneem. Die polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê soos die minister van polisie, Bheki Cele, gesê het, is drie persone van belang vir ondervraging ingeneem, maar nie gearresteer nie: