Kerk van Engeland sê mishandeling-gevalle neem by hom toe

Die Kerk van Engeland sê die aantal gevalle van die mishandeling van weerlose volwassenes en kinders deur lewende geestelikes, ampsdraers en vrywilligers kom op ‘n paar honderd te staan. Britse media berig ‘n hersiening het byna 400 nuwe gevalle uitgewys wat verder bekyk moet word en verdere optrede nodig het. Kinders is betrokke by byna 200 daarvan. Die kerk kyk nou na alle gevalle, ná kritiek op ‘n vroeëre verslag waarin besluit is slegs 13 geskiedkundige sake het verdere optrede nodig. Daar word nou aangedui 383 gevalle moet nagegaan word.