Rishi is nuwe Engelse premier

Rishi Sunak is die nuwe eerste minister van Brittanje. Hy is onmiddellik verkies nadat Penny Mordaunt onttrek het. Sy het nie 100 ondersteuners in die Konserwatiewe Party ontvang om aan ‘n stemproses deel te neem nie. Die voorsitter van die 1922-komitee Graham Brady het die aankondiging so gemaak.