‘Rishi-hulle plak net pleisters’

Sir Keir Starmer, die leier van die Britse opposisie, die Arbeidersparty, het uitgevaar teen eerste minister Rishi Sunak se regering en sê die voortslepende langtermyn kwessies, veral met die chaos en staking in die Britse gesondheidsdiens, word nie aangespreek nie. Hy sê die Britse regering plak pleisters in plaas van om probleme, wat voortduur, op te los.