Ekonoom verwelkom bystand aan Namcol

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die Namibia College of Open Learning, Namcol, dat hy meer leerders wat nie vir tersiêre instellings gekwalifiseer het nie, vanjaar kan bystaan na bykomende ondersteuning van die regering bewillig is. Die kollege se direkteur vir kurrikulum- en materiaalontwikkeling, Jan Nitchke, sê dat met die aanlyn aanbieding wat tydens Covid uitgebrei is, is die aantaal leerders eintlik onbeperk. Hy sê die grootste uitdaging is die druk van studiemateriaal waarmee die kollege reeds begin het. Die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus sê nie net is dit goeie nuus nie maar, dit is ook belangrik vir die ekonomie om ‘n breë basis van vaardighede tot sy beskikking te hê. Hy verduidelik.