Rishi groet Britse volk in uiters kort toespraak

Kort maar kragtig. Dit is hoe die toespraak van Rishi Sunak aan die land vanaf die hoofkwartier van die Konserwatiewe Party vanmiddag beskryf is. Sunak is nog nie amptelik die premier van Brittanje nie. Koning Charles is op pad terug na Londen om hom amptelik in die pos aan te stel. Sunak sê hy is dankbaar om verkies te word.