Hou op om Ramaphosa te kritiseer

Die ANC in Limpopo het twee voormalige partyleiers en ‘n adjunk tot orde geroep oor hulle openbare aanvalle op die huidige president, Cyril Ramaphosa. Thabo Mbeki, Jacob Zuma en Kgalema Motlanthe het Ramaphosa se leierskap op openbare geleenthede gekritiseer. Zuma het reguit gesê Ramaphosa is korrup, terwyl Mbeki en Motlanthe dit duidelik gestel het hulle glo nie die land kan onder sy leierskap weer in die regte rigting gestuur word nie. Die provinsiale sekretaris, Reuben Madadzhe, sê Ramaphosa behoort die tyd en ruimte gegun te word om beide die ANC en die staat te lei.