Egipte gaan groot vir COP27

Egipte gaan volgende maand op die 27ste VN-klimaatveranderingskonferensie in Sharm El-Sheikh, projekte oor voedselsekerheid, landbou en energie, asook die Behoorlike Lewe-projek in Afrika van stapel stuur. Die Egiptiese minister van Buitelandse Sake, Sameh Shoukry, sê COP27 fokus op sleutel-klimaatverwante kwessies, hoofsaaklik die vermindering van uitstralings en die aanpassing by die negatiewe uitwerking van klimaatsverandering, dus vul dit die projek aan. Die projek het ten doel om die lewenstandaard, infrastruktuur, gesondheidsorg en basiese dienste in meer as vier-duisend dorpe regoor Egipte te verbeter.