Rise Mzansi: Gebrek aan bekostigbare vervoerstelsel
Rise Mzansi doen ‘n beroep vir vrede en gesonde verstand in die Wes-Kaap te midde van die dooiepunt tussen die provinsie en die stakende taxi-bedryf. Die voortslepende magstryd het gelei tot gewelddadige verliese, die ontwrigting van onderwys en vervoer, en die sluiting van gesondheidsorg. Axolile Notywala van Rise Mzansi sê die krisis beklemtoon die behoefte aan ‘n geïntegreerde en bekostigbare openbare vervoerstelsel om ruimtelike onregte reg te stel. Hy sê taxi’s se ekonomiese belangrikheid behoort nie die publiek en die ekonomie gyselaar te hou nie.