Alternatiewe beleggings maak ‘n verskil

Volgens Old Mutual Nambia dra alternatiewe beleggings by tot die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte. Hierdie doelwitte spreek wêreldwye uitdagings aan soos onder meer skoon energie, werkskepping, ekonomiese groei, nywerheid en infrastruktuur, verminderde ongelykhede en klimaats-aksie. Verskeie suksesvolle gevallestudies beklemtoon die transformerende krag van alternatiewe beleggings. Old Mutual sê voorbeelde van suksesvolle alternatiewe beleggings in Namibië is die Keetmanshoop-winkelsentrum, Walvisbaai-behuisingsprojek en die Otavi-sonkrag-projek. Christoff Bauernschmitt, hoof van alternatiewe beleggings, van die Old Mutual Beleggingsgroep…