Riruako staan op die Limkokwing

Die vise-kanselier van die Limkokwing Universiteit van Kreatiewe Tegnologie in Namibië, dr. Hoze Riruako sê die instansie gaan gebuk onder negatiewe nuusberigte, fopnuus en propoganda wat hom uitbeeld as ‘n korrupte universiteit. Volgens Riruako is die plaaslike Limkokwing, wat afkomstig van Maleisië is, by alle relevante instansies geregistreer en hulle het reeds aansoek vir akkreditasie by die relevante owerhede gedoen. Hy sê die universiteit is sedert 2020 bedrywig by erf 6005, Kornalynstraat in Khomasdal en het sy eerste studente vanjaar in Julie ingeneem. Die proses vir akkreditasie is amper voltooi. Hy het bygevoeg dat die Botswana-tak van die universiteit ten volle in die buurland geakkrediteer is.