Jongste damverslag bekend

Twee damme het in die afgelope week water ingeneem. Volgens NamWater se weeklikse damverslag het Friedenau, wes van die hoofstad, 7 000 kubieke meter water ingeneem en Goreangab, ook wes van Windhoek het 489 000 kubieke meter water ontvang. Dit volg na die swaar neerslae wat oor die hoofstad voorgekom het verlede week. Daar is 618 000 kubieke meter water in die afgelope week uit Von Bachdam onttrek en die dam het op die oomblik 50,5 persent water. Die beskikbare bronne vir die sentrale gebied is tans net minder as 68 persent. In die Suide het Hardap 54,7 persent met Naute by Keetmanshoop op 86 persent. Bronne in die gebied is 61,5 persent. Die Ooste vertoon die swakste met 31,4 persent beskikbare water.