Kleinsake se belasting moet afwaarts aangepas word

Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid hou vol die regering moet sy aanbeveling vir die instelling van ‘n laer belastingkoers vir kleiner ondernemings met ‘n jaarlikse omset van hoogstens 2 miljoen Namibiese dollar ernstig oorweeg om ‘n meer besigheidsvriendelike omgewing te skep. Die kamer se uitvoerende hoof, Charity Mwiya, sê sakelui sukkel steeds om te herstel na die pandemie en die herstel word verder bemoeilik deur die heersende ekonomiese omstandighede. Sy sê verlagings in belasting is nodig om pariteit met ander lande in die SAOG-ekonomiese blok te bereik. In die middeltermyn begrotingsoorsig het finansminister Ipumbu Shiimi aangekondig dat die belastingkoers vir nie-mynmaatskappye met twee persentasiepunte verminder sal word tot dit in 2025-2026 op 30 persent sal staan.