Riruako sê Linkokwing is van top-gehalte

Die bekende Namibiese politieke ontleder, dr. Hoze Riruako is aangestel as die vise-kanselier van die Limkokwing Universiteit van Kreatiewe Tegnologie in Namibië. Hy het in ‘n verklaring gesê hy is sat vir die kritiek wat teenoor die instansie uitgespreek is. Hy sê aansoek om akkreditasie is reeds in 2018 ingehandig en voeg by dat die opleiding van internasionale standaard is.