Reaksie op Namibiese miljoenêrs

Reaksie word ontvang op die Afrasia Bank in Mauritius se vierde verslag oor privaatrykdom in Afrika. Volgens die bank het Namibië het ‘n totaal van 22 miljard Amerikaanse dollar in privaatbesit met 1 600 miljoenêrs, wat meer as 1 miljoen Amerikaanse dollar in rykdom besit. Daar is ook 60 multi-miljoenêrs, wat volgens die verslag beteken daar is 60 Namibiërs wat meer as 10 miljoen Amerikaanse dollar in rykdom het. Die voormalige Namibiese eerste minister, Nahas Angula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.