Rihanna bring hulde aan Black Panther-ster in nuwe enkelsnit

Rihanna het amptelik haar eerste nuwe enkelsnit as hoofkunstenaar aangekondig sedert 2016. Lift Me Up sal op die klankbaan van die nuwe Marvel-fliek Black Panther: Wakanda Forever verskyn. Luidens ’n mediaverklaring is dit ’n huldeblyk aan die buitengewone lewe en nalatenskap van Chadwick Boseman. Die ster van die eerste Black Panther-film is in 2020 op die ouderdom van 43 oorlede.