Chinese, plaaslike sindikate domineer georganiseerde misdaad in Namibië

In ’n verslag oor georganiseerde misdaad in Afrika word onwettige handel in hout en geldwassery aangewys as van Namibië se groot ekonomiese misdade. Asiatiese kartelle wat saam met plaaslike fasiliteerders werk, is aangewys as die kern rolspelers van onwettige houthandel in Namibië. Die verslag, die Evolusie van Misdaad in ‘n Covid-wêreld deur Policinginsight, sê dat ten spyte van die feit dat Namibië baie min boombedekking het, word onwettige hout uit die noorde van die land na China en Viëtnam uitgevoer, en kriminaliteit rondom flora spesies floreer. Die verslag onthul verder dat korrupte bosbou-amptenare bedrieglike permitte uitreik en handel word gefasiliteer deur plaaslike rolspelers en Chinese kartelle. Walvisbaai is na bewering die deurgangspunt vir ander Afrika-hout wat vir Asië bestem is, insluitend hout van Mosambiek en Angola. Ten spyte van die negatiewe impak is daar goeie nuus -die land het goeie vordering gemaak met betrekking tot die bekamping van geldwassery.