VSA waarsku weer oor terreur, die keer in Abuja

Die Nigeriese polisie het sekuriteit verskerp te midde van ‘n waarskuwing deur Amerika dat sy diplomate en hul gesinne die hoofstad, Abuja, moet verlaat weens ‘n groter risiko vir terreuraanvalle. Die Amerikaanse ambassade sê moontlike teikens sluit regeringsgeboue, plekke van aanbidding en ander openbare plekke in. Hy het Amerikaanse burgers gemaan om sover moontlik nie-noodsaaklike besoeke en skares te vermy. Die Suid-Afrikaanse regering het vroeër die plaaslike Amerikaanse ambassade se soortgelyke waarskuwing van ‘n moontlike terreuraanval vandag in Sandton, afgemaak.