Richelieu Eagles wen weer, wen reeks!

Die Richelieu Eagles het die span van Papua Nieu-Guinee gemaklik met 61 lopies gewen. Die Eagles het 214 vir 8 aangeteken in hul vierde eendagwedstryd in die driekhoekige reeks met Papua Nieu-Guinee en die VSA. Papua Nieu-Guinee het 153 almal uit aangeteken. Die wedstryd is in Port Moresby in Papua Nieu-Guinee gespeel. Die Eagles wen dus die reeks.