Likwidateurs sukkel om Air Namibia se bates te verkoop

Air Namibia se likwidateurs sukkel om kopers vir die lugdiens se oorblywende bates te kry. Die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, het aan plaaslike media gesê die twee likwidateurs,  Dave Bruni en Ian McLaren werk onverpoos om die bates verkoop te kry sodat die finale skeidingspakkette aan die meer as 600 voormalige werknemers uit te betaal kan word. Shiimi, wat tans ook waarneem as die minister van openbare ondernemings, sê wêreldwyd vind ekonomiese inkrimping plaas en die likwidateurs moet in die beste belange van die redery se krediteure en sy werknemers optree om die beste prys vir bates te kry. Shiimi sê daar is wel belangstelling in van die bates. Tot op hede is 60 miljoen Namibiese dollar ingevorder maar daar is geen definitiewe tydlyn vir die afhandeling van die likwidasieproses nie.