Kindergetuies kry spesiale kamer by Katutura-landdroshof, dankie Gondwana

Spanlede van Gondwana het die kinder-wagkamer by die Katutura-landdroshof ‘n nuwe kinder-vriendelike baadjie aangetrek. Die spanlede het verskeie items, verf, speelgoed en boeke geskenk om die kinder-wagkamer op te knap en vrolik te maak vir kinders terwyl hulle by die hof wag. Gondwana Collection Namibia se handelsmerk-bemarkingsbestuurder, Jescey Visagie gesels met Kosmos 94.1 Nuus.