Richelieu Eagles ly tweede nederlaag in Global T20 Namibia

Krieket: Die Richelieu Eagles het vandag sy tweede nederlaag in die Global T20 Namibia gely. Die Lahore Qalanders het die Eagles met ses paaltjies gewen. Die Qalanders het die loot gewen en Eagles ingestuur om eerste te kolf. Die Eagles het 136 lopies vir agt paaltjies aangeteken. Die Qalanders het terug geantwoord met 138 lopies met ‘n verlies van vier paaltjies. Shane Dadswell van die Qalanders is as die speler van die wedstryd aangewys met sy 40 lopies nie uit nie. Die Eagles en die Qalanders kom môremiddag om half-drie weer teen mekaar te staan op die Wanderers-krieketvelde in die hoofstad.