DA: Gauteng se gesondheidsorg-geriewe stort ineen

Die DA in Gauteng sê provinsiale gesondheidsorg-geriewe is op die randjie van ineenstorting. Swak beplanning en projekbestuur het die inwoners onderwerp aan swak gesondheidsorgdienste en langer wagtye. Die DA-lid, Nico de Jager, sê besoek is afgelê by gesondheidsorg-geriewe soos Chris Hani Baragwanath, Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal, Kopanong en Johan Heyns Hospitaal as deel van ‘n oorsig-inspeksie.