Richelieu Eagles klop Nepal 

Die Namibiese krieketspan het vandag die span van Nepal op die United-krieketvelde in Windhoek met 86 lopies gewen. Die Richelieu Eagles het eerste gekolf en 275 lopies vir die verlies van sewe paaltjies aangeteken. Nepal kon slegs 189 lopies haal. Eagle Michael van Lingen is as die speler van die wedstryd aangewys met sy 119 lopies.