Geen verrassing dat Swapo vir Kaumbi pos nie

‘n Politieke analis sê hy is nie verras deur die besluit van Swapo om ontslae te raak van prokureur Joshua Kaumbi as voorsittende beampte vir sy voortgesette verkiesingsprosesse nie.  Sommige Swapo-lede het protes aangeteken na die chaotiese hertelling van die sentrale komitee-stemme by die onlangse Swapo-kongres. Wyse Immanuel is ingespan om die verkiesing vir lede van die Politburo voor te sit. Dr. Ndumba Kamwanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is van Kaumbi verwag om ‘n diens te lewer.