Ricciardo verlaat McLaren sonder enige berou

Die Formule Een-renjaer, Daniel Ricciardo, gaan McLaren aan die einde van die seisoen verlaat. Die Australiër het verlede jaar ‘n drie-jaar-kontrak by die span onderteken en jaag saam met Lando Norris. Alhoewel hy verlede jaar in Monza sy span se eerste oorwinning sedert die Italiaanse Grand Prix in 2012 verseker het met Norris in die tweede plek, sukkel hy om by sy spanmaat se indrukwekkende pas by te hou. Ricciardo sê wat hierdie volgende hoofstuk ookal inhou, het hy geen berou nie en is trots op die werk en insette wat hy by McLaren gelewer het: