Groot verligting vir miljoene oud-studente in die VSA

Miljoene oud-studente in die VSA sal nou verligting kry met die terugbetaling van studielenings. Studie-skuld is ‘n groot uitdaging in die VSA met ongeveer 1,75 triljoen Amerikaanse dollar wat betaalbaar is deur miljoene oud-studente. President Joe Biden het aangekondig dat hy 10 000 Amerikaanse dollar van ongeveer 60 miljoen oud-studente se skuld onmiddellik sal krediteer terwyl rondom 40 miljoen, wat meer kwesbaar is, 20 000 dollar krediet sal ontvang.