Windhoek Stadspolisie maan inwoners om nie huise onbewaak te laat

Die komende langnaweek in Namibië wemel van belangrike geleenthede. Die Heldedag-herdenking vind Vrydag op Mariental in die Hardapstreek plaas. In die Noorde skop die jaarlikse Ongwediva-handelskou ook Vrydag 26 af. Die Stad Windhoek-polisiehoof, Abraham Kanime, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle bewus is van die feit dat baie Windhoekers sal reis en hul huise onbewaak sal laat. Hy raai die inwoners van die stad aan om behoorlike reëlings met die polisie, sowel as hul bure, te tref.