Ambassadeur Albertus Auchamub oorhandig geloofsbriewe aan Prins Albert van Monaco

Die Namibiese ambassadeur in Frankryk, Albertus Aochamub, het vandag sy geloofsbriewe aan Prins Albert II van Monaco oorhandig. Dit is die eerste keer dat Namibië ‘n geakkrediteerde ambassadeur in dié prinsdom sal hê. Auchamub sê toekomstige samewerking sal op die gebiede van Blou Ekonomie, marienebewaring, klimaatsverandering, energie en toerisme plaasvind.