RFA: Tolhek-program is ‘n proses van konsultasie

Die hoof uitvoerende beampte van die Padfonds-administrasie, Ali Ipinge, het vandag tydens ‘n mediakonferensie in die hoofstad verduidelik dat die tolhek-program iets is wat deur ‘n proses van konsultasie met belanghebbendes wat lede van die publiek insluit, sal moet gaan voordat dit in werking gestel word. Ipinge sê hierdie program is na die kabinet geneem en sal na die kabinet teruggaan vir goedkeuring sodra alle konsultasies gedoen is …