Veearts bevestig geen gevalle van honde-brusellose in Namibië

‘n Namibiese veearts het gereageer op honde-brusellose wat in Suid-Afrika toeneem. Volgens Kurt de Cramer, ‘n veearts ‘n dierehospitaal in Gauteng, is hondebrusellose ‘n siekte wat tussen spesies oordraagbaar is en wat veroorsaak word deur bakterieë wat die vrugbaarheid kan bedreig van honde wat in Suid-Afrika geteel word. Honde-brusellose kan lei tot aborsies in ‘n laat stadium en onvrugbaarheid. Dr. Theuns Laubscher het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig nog geen gevalle van honde-brusellose is in Namibië aangemeld nie.