Engeland maak skoonskip in kriekettoetsreeks teen Pakistan

Krieket: Engeland het skoonskip gemaak in die toetsreeks teen Pakistan toe hy die laaste wedstryd in Karachi op die vierde dag met agt paaltjies gewen het. Engeland besoek die land die eerste keer in 17 jaar en is die eerste span wat drie wedstryde in ʼn reeks in Pakistan kan wen. Dit is ‘n merkwaardige ommeswaai onder kaptein Ben Stokes en afrigter Brendon McCullum, wat nege van hul tien wedstryde gewen het sedert hulle in beheer is. Stokes is trots op sy span.

https://iframe.iono.fm/e/1264642