Reuse-afleggings by Amazon

Amazon het die grootste reeks afleggings in sy bestaan aangekondig met 18 000 werknemers wat hul werk gaan verloor.  Dié syfer is ses persent van dié Amerikaanse aanlynreus se werksmag van nagenoeg 300 000. Die bestuurshoof, Andy Jassy, het in ‘n verklaring aan personeel gesê hoewel  besonderhede nog nie bekend is nie, sal die meeste afleggings in die operasionele afdeling van die winkels en die tegnologie-span plaasvind. Die afleggings is genoodsaak om koste te besnoei omdat kliënte weens die hoë lewenskoste al hoe minder geld bestee.