ANC se nasionale konferensie hervat

Die ANC se nasionale konferensie hervat vandag virtueel nadat dit verlede maand uitgestel moes word. Byeenkoms-punte is in agt provinsies opgerig en is met die hoof-lokaal in Bloemfontein gekoppel waar die party se 8 anuarie-presidentsrede hierdie naweek plaasvind. Lede van die nasionale uitvoerende komitee, lede van die organisasie se ligas en die afvaardiging van die Vrystaat sal by die Imvelo Safari Lodge en Konferensiesentrum in die Vrystaatse hoofstad vergader. Die konferensie sal na verwagting môre ten einde loop.