Proteas het nagmerrie-toets teen Aussies

Krieket: Suid-Afrika se toer vir sy toetsreeks in Australië is ‘n nagmerrie, met die tuisspan wat hul oorheersing op die tweede dag van die derde en laaste toets in Sydney voortgesit het. Met die reeks reeds in die sakkie vir Australië het hul openingskolwer Usman Khawaja sy 13de toets-honderdtal aangeteken, terwyl Steve Smith sy dertigste honderdtal geslaan het. Reën het die dag se spel vroeg beëindig met Australië op 475 vir vier, waarvan ‘n onoorwonne 195 deur Khawaja bygedra is. Die Proteas se draaibouler Keshav Maharaj sê Australië het ‘n ontsagwekkende kolflys.