Resessie: Nie ons of SA sal dit kan vryspring nie

Na aanleiding van die Wêreldbank se waarskuwing van ‘n moontlike wêreldwye resessie in 2023 te midde van ekonomiese verlangsaming, sê ‘n ekonomiese kenner Namibië sal nie ‘n resessie vryspring nie. Die vraag is hoeveel hiervan die gevolg is van die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne, asook as die sanksies teen Rusland in gedagte gehou word wat sommige Europese lande ekonomies knel. Die Wêreldbank het gewaarsku dat rentekoersverhogings deur sentrale banke regoor die wêreld ‘n wêreldwye resessie in 2023 kan veroorsaak. Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper sê die sanksies teen Rusland is nodig.

Hy sê Namibië en Suid-Afrika is nie vrygeskeld van hoë rentekoersverhogings en ‘n resessie nie.