Namibië verloor uit op nuwe skema vir uitvoere na Brittanje

Namibië se klassifikasie as ‘n hoër-middel-inkomste land sal daartoe lei dat die land ‘n nuwe ooreenkoms om goedere belastingvry na die Verenigde Koninkryk uit te voer, sal misloop. Die nuwe skema, wat vroeg volgende jaar in werking tree, vervang die ou Britse algemene voorkeurskema onder die EU, en laat toe dat 99 persent van goedere wat uit Afrika ingevoer word die land belastingvry kan binnekom. Maar Namibië is nie ingesluit nie. Die nuwe skema sluit 47 lande in die Mins-Ontwikkeldeland-raamwerk in en ‘n bykomende 18 lande of gebiede wat deur die Wêreldbank as lae-inkomste en laer-middel-inkomste lande geklassifiseer is. Daar is steeds die ekonomiese vennootskapsooreenkoms, EPA, wat van krag is tussen die Verenigde Koninkryk en SACU-lande wat Namibië insluit. EPA is ‘n wedersydse ooreenkoms ten bate van beide SACU-lidlande en die Verenigde Koninkryk.