Ondersteun plaaslik by unieke mark wat Saterdag gehou word

The Buy Local Grow Namibia-veldtog in samewerking met die Local Merchant Market gaan Saterdag hul eerste ‘Buy Local Grow Namibia Fair’ by die Franco-Namibiese Kulturele Sentrum in Windhoek aanbied. Dit sal ‘n platform bied om die oorvloed in verskeidenheid en kwaliteit produkte in die plaaslike Namibiese mark uit te stal. Dit sal ‘n gesinsgeleentheid wees wat die publiek aanmoedig om plaaslik te koop, Namibiese entrepreneurs te ondersteun en die ryk kultuur van die land te waardeer. Errolice Tjipura van die Verenigde Nasies se kantoor in Namibië, wat die Buy Local Grow Namibia-veldtog ondersteun gesels met Kosmos 94.1 Nuus.