Mecki is doodstil oor Noorweegse kwota

Die voorsitter van die Beesvleis Waardekettingsforum Mecki Schneider wou geen kommentaar lewer oor die aansoeke vir die Noorweegse beesvleis kwota vir volgende jaar wat nou oop is nie. Brukkaros, wat verbind is aan Savanna Beef Processors, sowel as Beefcor en Meatco, kwalifiseer vir die kwota. Schneider het wel bevestig dat die 1 600 metrieke ton, wat meer kan raak as Botswana nie sy deel van 1 600 ton kan voorsien nie, ‘n uiters winsgewende kontrak is.