Republikeine blok debat oor stemreg

Die Amerikaanse vise-president, Kamala Harris, sê die land se demokrasie is sterker as almal deelneem en swakker as mense betekenisvolle toegang tot deelname geweier word. Dit volg na die Republikeine in die Senaat ‘n debat oor die sogenaamde Wet vir die Mense geblokkeer het. Die doel van die wet is om stemreg uit te brei. Die stemmery het op ‘n dooiepunt uitgeloop met ‘n 50-50 stemverdeling volgens party-verteenwoordiging in die Senaat. Sestig stemme was nodig om die debat te kon hou. Harris sê stemreg is fundamenteel: