Covid-uitdagings onder beheer in Omaheke

Covid-pasiënte in Namibië word erg geraak weens die onvoldoende suurstof in staatshospitale en Covid-pasiënte verloor hul lewens op ‘n daaglikse basis. Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, het gesê in sy streek is dit redelik onder beheer in hul staatshospitale, ondanks uitdagings.

Nganate het ook inwoners in sy streek aangemoedig om hul troues uit te stel en die begrafnisdienste van hul geliefdes tydens weeksdae, en nie slegs naweke, te hou nie.