‘Republiek’ van Australië weer in die nuus

Australië se nuwe premier Anthony Albanese het koningin Elizabeth vanoggend vereer te midde van vieringe vir haar 70 jaar op die troon en hernieude debat oor Australië se republiekwording na vore gebring. Volgens Albanese vier Australië die koningin se 70 jaar van diens aan die land. Hy sluit by 50 ander Statebondleiers aan maar, hy het bygevoeg dat Australië se verhouding met die monargie volwasse geword het, wat debat oor republiekwording weer aangewakker het. Die debat oor die vraag of die nasie ‘n republiek moet word, duur reeds dekades lank voort. Die land is in 1788 deur die Britte gekoloniseer is en het ‘n sleutellid van die Statebond bly. Die koningin is Australië se staatshoof. ’n Nasionale referendum van 1999 oor die kwessie het ten gunste van die handhawing van die huidige stelsel 55 persent teenoor 45 persent gegaan.