Zim se ivoorpoging gestuit voor dit nog begin het

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging het meer besonderhede bekend gemaak oor die Afrika Olifant-konferensie wat die week in Zimbabwe gehou is. Die land het senior regeringsamptenare van Namibië, Botswana, Suid-Afrika, Tanzanië, en Zambië genooi, sowel as verskeie internasionale nie-regerings- en bewaringsorganisasies. Zimbabwe se doelwit was dat Afrika-lande met een stem die verslapping van regulasies in verband met die verkoop van ivoor sou ondersteun, wat Namibië ondersteun. Maar, 45 bewaringsorganisasies het reeds hul teenkanting vir die sogenaamde wettige handel in ivoor teengestaan en sê dit sal ‘n verhoogde bedreiging vir olifante wees. Zimbabwe het ongeveer 100 000 van die diere, ver verby sy dra-kapasiteit en terwyl Namibië ook te veel olifante het, neem die getalle van die diere skerp af met ‘n daling van tussen 60 en 86 persent oor die afgelope 50 jaar.