Repokoers vandag… ekonome voorspel geen verandering

Die Bank van Namibië se monetêre beleidskomitee maak vandag sy vyfde aankondiging vir die jaar oor die repokoers. Die koers staan tans op 7,75 persent, die hoogste wat dit in die afgelope 14 jaar is. Inflasiedruk bly hoog, maar die impak van die hoë brandstofprys in Oktober sal eers aan die einde van die maand bekend wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein, van Oxford Economics Africa, gepraat oor sy voorspelling en of ons ‘n verhoging in die toekoms kan verwag, veral met inflasie vir Oktober wat nog aangekondig moet word na die reuse-brandstofstyging.