Repokoers sal klim in SA, en later, hier ook

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal Donderdag die jongste rentekoers vir die buurland bekendmaak. Die bekende ekonoom in die buurland, Dawie Roodt, sê hy verwag ‘n styging van 75 basispunte wat die rentekoers in Suid-Afrika na 5,5 persent sal neem. Hy voeg by dat Namibiese sentrale bank waarskynlik dieselfde stap sal neem wanneer hy op 19 Oktober die koers vir Namibië bekendmaak, soos Roodt verduidelik.