Netumbo kan aanspreeklik gehou word – Riruako

‘n Politieke ontleder sê na die adjunkpremier Netumbo Nandi-Ndaitwah se aanmerkings oor armoede en voedseltekorte oor die naweek, dat sy wel aanspreeklik gehou kan word. Nandi-Ndaitwah het by ‘n laat Heldedag-herdenking gesê dat net omdat daar oorlog in Europa is, wil Namibië se helde nie hê dat inwoners honger moet ly nie. Sy is sedert 1990 in senior posisies in die regering. Dr. Hoze Riruako sê die land moet haar aanspreeklik hou, as moontlike presidensiële kandidaat, oor wat sy aan die huidige situasie sal doen.