Repokoers is een van die moelikste besluite wat komitee nog moes maak

Die goewerneur van die Bank van Namibië sal Woensdag die jongste repokoers bekendmaak. Dit is op die oomblik baie laag op 3,75 persent om die ekonomie te stimuleer. Ekonome meen die maand se besluit sal van die moeilikste ooit wees as gevolg van verskeie faktore. Gabriel Erastus, ‘n plaaslike ekonoom en onafhanklike navorser het dit so verwoord.