Rentekoerse is al wat daar is om inflasie te bekamp

Met die Amerikaanse dollar wat weer versterk het na die Amerikaanse rentekoers weer met 75 basispunte verhoog is, styg inflasie plaaslik. Intussen styg rentekoerse ook plaaslik om inflasie teen te werk. Die Suid-Afrikaanse en Namibiese sentrale banke sal aan die einde van November weer ‘n repokoers aankondiging maak, wat moontlik hoër as die 75 basispunte wat voorspel is kan wees omdat die Amerikaanse Federale Reserweraad nog ‘n rentekoers-aankondiging het voor die einde van die jaar. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt verduidelik en sê dit is die enigste metode om inflasie te bekamp.