41% van Windhoek is huise is informeel

Daar is groot kommer oor die stand van sake in verband met behuising in Namibië, veral in stedelike gebiede. Luidens die karteringsverslag van die Namibiese Statistieke-agentskap, ter voorbereiding vir volgende jaar se sensus, het die land net meer as 507 000 behuisingseenhede waarvan die groter meerderheid, amper 91 000 in Khomas is. Terwyl dit nie verstommend is nie, is die feit dat 41,1 persent van die behuisingseenhede in die streek, informeel is. Daar word ook beraam dat in die volgende tien jaar, die hoofstad se bevolking tot 737 000 inwoners sal toeneem. Dit is tans op 495 000. Daar is reeds uitdagings met behuising, werksgeleenthede en vervoerstelsels. Maar, die belangrikste kwessie is watervoorsiening. Tans is daar net die herwinningsaanleg en die drie sentrale damme om die hoofstad van water te voorsien. Migrasie na die hoofstad is ‘n uitdaging as gevolg van ‘n gebrek aan desentralisering en die gepaardgaande tekort aan werksgeleenthede op die platteland.