Renosters terug na Zim, eerste keer in 30 jaar

Zimbabwe hervestig renosters in sy tweede grootse natuurreservaat, Gonarezhou, in die suide van die land. Dit is die eerste keer in 30 jaar dat die spesie in die park aangehou word. Gonarezhou is deel van die Groter Limpopo-oorgrenspark saam met die Kruger-wildtuin en die Limpopo-nasionale park in Mosambiek. Tinashe Farawo van Zimbabwe se Parke- en Natuurlewebestuur sê die land het nou sowat ‘n duisend renosters oor nadat stropers die getalle laat krimp het. Die land het die vierde grootste bevolking naas Suid-Afrika, Namibië en Kenia.